Welkom by ons Tydlyn!

Welkom by ons tydlyn!!

 Tydlyne

Willem (PhD Purdue, VSA) is ‘n afgetrede raadgewende ingenieur. Sy eggenoot, Hettie (BA, Wiskunde en Latyn) was besig om kinders groot te maak by die huis. Sy was ook later die hoof van ‘n klein privaat skool in ‘n dorpie, Morgenzon, waar ons destyds gewoon het.  Met die godsdiens– en geskiedenis onderrig het Hettie bewus geraak van hoe kinders geboei word as hulle besef hoe gebeure in die Bybel werklik gebeur het  en persone werklik geleef het.  Sy wou dit ook graag op ‘n getallelyn m.a.w. ‘n tydlyn geplaas hê om dit meer verstaanbaar te maak. So wou ons die Bybel as die Woord van God as’t ware grond toe te bring en dat mens kan beleef dat dit werklike geskiedenis is.  Na ‘n paar jaar, toe Willem meer tyd gehad het, het hy ook geïnteresseerd geraak. Met Hettie se belangstelling in Latyn en die antieke geskiedenis, het ons gou aan die gang gekom en al ongeveer in 2007 ‘n tydlyn beskikbaar gehad.



Terwyl ons besig was, was ons dikwels verbaas oor die goeie wetenskaplike materiaal wat beskikbaar is in die tydskrif “Creation”, (van Creation.com) om aan te toon hoe die Bybelse geskiedenis gemaklik inpas in die wêreldgeskiedenis. Ook, die belangrike waarheid dat die skepping net sowat ses duisend jaar gelede plaasgevind het.



Inligting vir ons tydlyn

Die tydlyn is 3.4 m lank en 210 mm wyd. Dit is geteken volgens skaal sodat een millimeter twee jaar voorstel. Aanvanklik, toe die mense so lank gelewe het, is elke persoon voorgestel met ‘n balkie waarvan die lengte so lank is as wat die persoon geleef het. Hierdie ouderdomme en genealogie is presies soos gegee in Genesis.  Later, toe die leeftye korter word, is persone met driehoeke geteken, waar die bodem van ‘n driehoek op skaal die leeftyd van gewone persone aandui,  maar vir heersers soos konings, generaals en  pouse is die bodem van hul driehoeke volgens skaal hul regeertyd. Daar is ook vertikale lyntjies vanaf figure, of gedrukte name, wat die punt aandui waar gebeure plaasgevind het.

Gratis tydlyn

‘n Gratis tydlyn, bestaande uit 16 van A4 grootte velle, kan op ‘n rekenaar bekyk word, of afgelaai en gedruk word so, in afsonderlike velle. Klik op die skakel om die lêer oop te maak. As u op die skakel gedruk het, druk dan op die skerm wat verskyn "Read".

Tydlyne te koop – vol lengte tydlyn, aaneen gedruk  (Kostes soos in 2019)

Koste

·         Koste van papier tydlyn: R130

Hierdie tydlyn, word van weerskante opgerol,  en dan heen en weer gerol om na ‘n bepaalde insident of tydperk te kyk. Om te bêre kan dit gemaklik van weerskante gedeeltelik gerol word en vertikaal geplaas word op 'n tafel of rak, om vining geskikbaar te wees. 

·         Koste van gelamineerde tydlyn: R260

So ‘n tydlyn kan ook teen ‘n muur vasgesit word om die hele verloop van die geskiedenis gelyk te sien.

·         Daar is ‘n besparing van R40 per tydlyn wanneer vier of meer tydlyne in enige kombinasie, gelyktydig gekoop word.

Hoe verkrygbaar



(1) Plaas die bestelling by willem@diemoot.net.  of whatsapp na 082 824 3190 .


(2) Kan ook afgehaal word by 33ste laan 577, Villieria, Pretoria.

(3) Vir versending verskaf asb fisiese adres en selfoon.  Onthou ons versend net 4 of meer tydlyne. Die koste vir versending is R100.  Mense wat net een wil hê, kan vier gesamentlik koop teen ’n laer bedrag, of ’n enkel person kan vier koop en die ekstras verkoop.

(4) Bankbesonderhede: WM van Heerden, Absa, 9122616817, tak 623005, tjek rekening.